SMARTTEACHING: CHEMISTRY AND PHYSICS

/

e-Lectures and Worksheets

Aanlyn-Lesings: Graad 10 - Chemie.

Graad 10 Chemie:

e-Lesing: Atoommassa, Molekulere Massa en Formule Massa.

Die massa van 'n atoom (atoommassa) kan vanaf die periodieke tabel verkry word en is 'n aanduiding van die aantal protone plus neutrone teenwoordig in een atoom van 'n element.

Die molekulere massa of formule massa is die totale massa van die verskillende atome teenwoordig in een molekule of formule-eenheid.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).

 


Graad 10 Chemie:

e-Lesing: Mol-begrip en Avogadro se Konstante.

Die aantal mol van 'n stof is 'n aanduiding van die hoeveelheid materie van die stof en kan bereken word deur die massa van die stof te deel deur die massagetal, molekulere massa of formule massa van die stof.

Die aantal deeltjies (atome, molekules, formule-eenhede) wat teenwoordig is in 'n sekere hoeveelheid mol van 'n stof kan bereken word deur die aantal mol van die stof te vermenigvuldig met Avogadro se konstante.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).

 

Graad 10 Chemie:

e-Lesing: Persentasie Samestelling en Empiriese Formule.

Chemiese stowwe bestaan uit atome van dieselfde of verskillende elemente.

Die bydrae van elke element tot die chemiese formule van 'n spesifieke stof kan bereken word en word as 'n persentasie van die totale massa van die stof uitgedruk.

Empiriese formule van 'n chemiese verbinding verwys na die eenvoudigste verhouding waarin atome van verskillende elemente aam mekaar verbind met die vorming van 'n chemiese stof.



Graad 10 Chemie:

e-Lesing: Energie in Chemiese Reaksies  (Verandering) - Eksotermiese en Endotermiese Reaksies.

Energie is betrokke by enige chemiese reaksie.

Wanneer 'n chemiese reaksie plaasvind en energie word aan die omgewing afgegee is die reaksie bekend as 'n eksotermiese reaksie.

Indien energie deur die reaksie opgeneem word wanneer dit plaasvind is die reaksie bekend as 'n endotermiese reaksie.

Energie kan ook gebruik word vir die opbreek van stowwe waartydens nuwe stowwe gevorm word.

Water kan deur middel van elektriese energie of elektroliese opgebreek word met die vorming van waterstof en suurstof.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).




Graad 10 Chemie:

e-Lesing: Neerslagreaksies en Oplosbaarheidsreels.


Metaalsoute word gevorm wanneer atome van metale aan atome van nie-metale verbind deur middel van ioniese bindings.

Molekules word gevorm wanneer atome van nie-metale aan atome van nie-metale verbind deur middel van kovalente bindings.

Metaalsoute kan oplos in water deur 'n dissosiasie reaksie te ondergaan terwyl molekules kan oplos wanneer hierdie verbindings 'n ionisasie reaksie ondergaan.

Wanneer beide molekules en metaalsoute in water oplos word katione en anione gevorm wat deur watermolekules omring word.

Sekere metaalsoute is oplosbaar in water en die soute wat water oplosbaar is, word deur 'n aantal oplosbaarheidsreels beskryf.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).

 



Aanlyn-Lesings: Graad 11 - Chemie.

Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Lewisstrukture.


Lewisstrukture is voorstellings van die chemiese bindings wat tussen atome in molekules bestaan.

Die voorstellings word aangedui deur gebruik te maak van die simbole van die elemente in die molekule sowel as die valenselektrone van elk van die atome in die verbinding.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).


 


Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: VSEPR-Model.

Die VSEPR-model word gebruik om die geometrie of drie-dimensionele struktuur van molekules te bepaal en te beskryf. 

Molekules is stowwe wat gevorm word wanneer atome van nie-metale aan mekaar verbind.

Die strukture waarin die molekules bestaan word beskryf as:

* lineêr

* trigonaal planêr

* tetraëdries

* hoekige

* trigonaal bipiramidaal

* oktaëdriese.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).



Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Polêr Kovalente Bindings en Molekules.

Molekules word gevorm wanneer atome van nie-metale aan mekaar verbind.

Die binding tussen die atome vind plaas as gevolg van elektrone deling wat tusen die atome plaasvind.

Elektrone kan gelykop tussen twee atome verdeel word met die vorming van 'n nie-polêre kovalente binding tussen die twee atome.

Wanneer die elektrone nie gelykop tussen twee atome verdeel word nie, word 'n polêr kovalente binding tussen die twee atome gevorm.

Die tipe deling van elektrone tussen twee atome word bepaal deur die elektronegatiwiteit van elkeen van die atome wat betrokke is by die deling van die elektrone.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).



Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Intermolekulêre Kragte.

Intramolekulêre kragte ontwikkel tusse atome tydens die vorming van chemiese strukture bekend as molekules en formule-eenhede.

Verskillende molekules en formule eenhede kan mekaar aantrek deur middel van kragte bekend as intermolekulêre kragte.

Verskillende tipes van intermolekulêre kragte kan ontwikkel bekend as:

* dipool-dipool kragte

* waterstofbindings (kragte)

* dipool-geinduseerde dipool kragte

geinduseerde dipool - geinduseerde dipool kragte

ioon - dipool kragte.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).



Graad 11 - Chemie

e-Lesing: Beweging van Deeltjies - Kinetiese Molekulêre Teorie.

Die kinetiese molekulêre teorie verwys na die beweging van deeltjies en beskryf die verwantskap tussen die makroskopiese eienskappe van materie soos volume, druk, dightheid en temperatuur met die mikroskopiese eienskappe van materie soos massa, kinetiese energie.

Hierdie teorie kan gebruik word om die grdrag van materie in die gasfase, vloeistoffase en vastestoffase te beskryf.

Hierdie teorie word gebruik om die gedrag van ideale gasse sowel as ware gasse te beskryf.

.



Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Boyle se Wet.

Materie in die gasfase is bekend as gasse en wanneer gasse ingeslote is in 'n houer is sal die gasdeeltjies se beweging beperk word deur die grootte van die houer.

Indien die massa van die ingeslote gas (aantal gasdeeltjies) sook die temperatuur van die gasdeeltjies konstant bly sal die druk wat die gasdeeltjies teen die kante van die houer en teen mekaar uitoefen verander, indien die volume van die houer verander.

Die druk van die gas word veroorsaak deur die botsings van die gasdeeltjies teen mekaar asook teen die kante van die houer.

Indien die volume van die houer vermeerder sal die aantal botsing wat die deeltjies uitvoer verminder en die druk van die gas sal verminder. Die omgekeerde is ook van toepassing, indien die volume van die gas gevulde houer verminder sal die druk wat die gasdeeltjies uitoefen en ervaar, vermeerder.

Boyle se Wet beskryf dat die volume wat 'n ingeslote gas beslaan en die druk wat die gas uitoefen omgekeerd eweredig is aan mekaar.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).

 


Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Charles se Wet.

Die beweging van gasdeeltjies word bepaal deur die kinetiese energie van die gasdeeltjies.

Indien die temperatuur van gasdeeltjies toeneem sal die deelties meer energie besit, vinniger en verder van mekaar af beweeg en daarom 'n groter volume beslaan.

By laer temperature verminder die kinetiese energie van die deeljies, die deeltjies beweeg stadiger en daarom word 'n kleiner volume deur die gasdeeltjies beslaan.

Die volume wat gasdeeltjies beslaan is afhanklik van die temperatuur van die deeltjies.

Volgens Charles se Wet is die volume wat 'n gas beslaan direk eweredig aan die absolute temperatuur indien die druk van die gas konstant bly.

Vanaf die verwantskap is die laagste absolute temperatuur (0 K) as -273 C bereken en geen gas sal by 'n temperatuur laer as hierdie waarde in die gasfase bestaan nie.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).



Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Gay-Lussac's se Wet.

Die verwantskap tussen die temperatuur van 'n ingeslote gas en die druk wat die deeltjies se beweging veroorsaak word beskryf deur Gay-Lussac's se Wet.

Indien die temperatuur van die gas vermeerder sal die kinetiese energe van die deeltjies ook vermeerder en die deeltjies sal meer botsings teen mekaar en teen die kant van de houer uitvoer.

Indien die temperatuur van die gas verminder sal die deeltjies stadiger beweeg en die druk veroorsaak deur die gasdeeltjies sal ook verminder.

Die laagste temperatuur waar gasdeeljies 'n druk kan veroordaak is by -273 C (0 K) (absolute zero) en geen gasdeeltjie beweging of druk word by temperature laer as die absolute temperatuur waargeneem nie.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).


Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Ideale gasmodel.

Ideale gasdeeltjies is identies, besit geen massa en deeltjies beslaan ook geen volume nie.

Die volume van die gas word bepaal deur deur die volume van die houer waarin die gas deeltjies beweeg.

Geen aantrekkende of afstotende kragte ontwikkel tussen die gasdeeltjies nie.

Die gasdeeltjies beweeg altyd in reguit lyne.

Wanneer die deeltjies bots is daar geen verlies in kinetiese energie nie - al die botsings is perfek elaties.

Die temperatur van die gas is die gemiddelde kinetiese energie van die bewegende deeltjies.

Druk wat die gas uitoefen word veroorsaak deur die botsings van die gasdeeltjies teen mekaar en kante van die houer.

Ware gasse besit massa en daarom wyk hulle gedrag af van die gedrag van ideale gasse.

(Kliek op die onderstaande e-lesing)


Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Algemene Gas Vergelyking (Ideale Gas Wet).

Die verwantskap tussen aantal mol (n) van 'n ingeslote gas, volume (V) wat die gas beslaan, druk (p) uitgeoefen deur die gasdeeltjies by 'n sekere temperatuur (T) word word in die volgende vergelyking beskryf waar die gaskonstante (R) ook ingeslote is in die berekening.

pV = nRT

Wanneer hierdie vergelyking gebruik word is die eenheid van

druk - pascal (Pa)

volume - kubieke meter (m3)

temperatuur - Kelvin (K).

(Kliek op die onderstaande e-lesing)



Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Gas Berekeninge.

Gasse kan tydens chemiese reaksies gevorm word en indien die reaksie by STD uitgevoer word sal 1 mol van enige gas wat gevorm word 'n volume van 22,4 dm3 beslaan.

Die mol hoeveelheid gas wat gevorm word kan gebruik word vir die berekening van die hoeveelheid reaktante wat tydens die reaksie na gasse omgeskakel is.

Die aantal mol van gasse gevorm tydens chemiese reaksies by STD kan as volg bereken word:

n = V  / Vm

n: aantal mol gas gevorm

V - volume gas gevorm in dm3

Vm - Konstante waarde van 22,4 dm3 (Volume wat deur die gas beslaan word indien die reaksie by STD uitgevoer word).

(Kliek op die onderstaande e-lesing)

 


Graad 11 - Chemie:

e-Lesing: Stoichiometriese Berekeninge.

Stowwe (reaktante) reageer met mekaar met die vorming van nuwe stowwe (produkte) volgens 'n mol verhouding wat verkry word vanaf die gebalanseerde chemiese reaksie waarvolgends die reaksie plaasvind.

Tydens chemiese berekening moet die massa van stowwe wat met mekaar reageer omgskakel word na mol waardes waarna die massa van produkte bereken kan word.

(Kliek op die onderstaande e-lesing)





Aanlyn-Lesings: Graad 12 - Chemie.

Graad 12 - Chemie:
e-Lesing: Chemiese Ewewig (5) - Grafieke.

Die chemiese verandering wat omkeerbare chemiese reaksies ondergaan kan grafies voorgestel word.

Faktore wat chemiese ewewig kan beinvloed sluit in,

* temperatuur

* konsentrasie

* volume

* katalisator en

* druk.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).



Graad 12 - Chemie:

e-Lesing: Elektrochemiese selle - Galvaniese selle.

Galvaniese selle bestaan uit twee halfselle waar oksidasie en reduksie plaasvind.

Elektrone vrygstel in die oksidasie halfsel vloei deur 'n elektriese geleier na die reduksie-halfsel.

In die reduksie-halfsel word elektrone opgeneem deur metaalkatione met die vorming van metaalatome wat as metaal neerslaan op die katode.

'n Soutbrug verbind die twee halfselle aan mekaar en verskaf deurgang aan die metaalkatione wat tydens oksidasie gevorm word en daarna deur die soutbrug na die reduksie-halfsel beweeg.

Die vloei van metaalkatione deur die soutbrug verseker dat die galvaniese sel elektriese neutraal bly.

Indien 'n gloeilamp deel van die geleier is sal dit brand wanneer elektrone vanaf die anode na die katode vloei.

In die galvaniese sel word chemiese energie omgeskakel na elektriese energie, terwyl die massa van die katode vermeerder en die massa van die anode verminder.

(Kliek op die onderstaande e-lesing).




40756

This RSS feed widget is not yet configured.


Guestbook

 

 

 

 The Atom:

Composed of three sub-atomic particles.

Proton - positively charged particle located in the nucleus of the atom.

Neutron - electrical neutral particle located in the nucleus of the atom.

Electron - negatively charged particle occupy space around the nucleus


Mass of Proton:

1.6726219 × 10 -27 kg

Mass of Electron:

9.10938356 × 10−31 kg

Mass of Neutron:

1.6726219 × 10-27 kg


Chemical Bonds:

Non-polar Covalent Bond:

This chemical bond develops between two identical non-metal atoms as a result of equal sharing of electrons.



Polar Covalent Bond:

This chemical bond develops between two non-identical non-metal atoms as a result of unequal sharing of electrons.


Ionic Bond:

This chemical bond develops between a metal cation and non-metal anion as a result of electron transfer from the metal to the non-metal.

 Crystal structures:

Ionic structure composed of sodium cations and chloride anions.



Covalent Network Structure:

Diamond composed of carbon atoms.


Graphite composed of carbon atoms.


Di-atomic Molecules:

Certain elements exists in nature as stable di-atomic molecules (2 atoms form a stable unit).

Hydrogen:



Nitrogen:



Oxygen:




Fluorine:



Chlorine:



Bromine:




Iodine:



Organic Chemistry:

Organic chemistry is the chemistry of the element carbon.

Alkanes are an organic group composed of hydrogen and hydrogen atoms with only single bonds (saturated).  Methane is the smallest alkane.



Alkenes are an organic group composed of hydrogen and hydrogen atoms with at least one double bond (unsaturated).  Methane is the smallest alkane. Ethene is the smallest alkene.


Alkynes are an organic group composed of hydrogen and hydrogen atoms with at least one tripple bond (unsaturated).  But-2-yne is an alkyne composed of 4 carbon atoms with the triple located between C-2 and C-3.




Force:

Force is the capacity to do work or cause physical change transfer energy.

Symbol: F

Unit: Newton (N)

Vector (magnitude and direction)



 Gravitational Acceleration:

Falling object will accelerate downwards at a constant rate of 9,8 m/s2.

The velocity of the falling object increases by 9,8 m/s every second.

(g = 9,8 m/s2)

 

Linear Momentum:

Symbol: p

Unit: kg.m/s

Vector

 

Transverse Waves:

Moving water is an example of transverse waves.


Longitudinal Waves:

Sound performs a longitudinal wave by disturbing air particles.

 

Electrochemical Cells:

Conversion of Chemical Energy into Electrical Energy.


Electrolytic Cells:

Conversion of Electrical Energy into Chemical Energy.

 


Periodic Table:

Arrangement of elements according to increasing Atomic Numbers.